Loan (Maize) 										Afrikaans



Uitneem van ‘n lening – wat jy wil hê en wat vereis die instansie?



Instructions: 

Folio strap: Besigheidsbestuur

Byline: Jenny Mathews, voorsitter van die Graan SA Ontwikkelingsprogram vir Produsente



Almal moet soms geld leen – veral in boerdery vandag. Dit is byna onmoontlik om ‘n besigheid te bedryf sonder om gebruik te maak van geleende kapitaal. Die uitdaging is om nie meer te leen as wat jou besigheid kan bekostig om terug te betaal nie! 



Onthou, hoe meer ‘n mens leen en hoe langer dit vat om dit terug te betaal, hoe hoër die koste van die lening. Elke lening het twee komponente:	

Rente – dit is die koers wat gehef word vir geleende geld. Dit word gewoonlik uitgedruk as ‘n jaarlikse persentasie van die geld geleen. Koerse is nie gewoonlik vas nie en kan verander as ‘n resultaat van inflasie of regeringsbeleid.

Kapitaal – dit is die hoeveelheid geld geleen vir die spesifieke doel wat beskryf word in die besigheidsplan.



Voorbeeld A:

‘n Mediumtermynlening van R100 000 wat terugbetaal moet word oor vyf jaar teen 10% rente sal soos volg lyk:

Jaar
 
Rand

Rente
 
Rand 

Bedrag uitstaande
 
Rand

Kapitaal gedelg
 
Rand

Totale paaiemente
 

 
1
 
10 000
 
100 000
 
20 000
 
30 000
 

 
2
 
8 000
 
80 000
 
20 000
 
28 000
 

 
3
 
6 000
 
60 000
 
20 000
 
26 000
 

 
4
 
4 000
 
40 000
 
20 000
 
24 000
 

 
5
 
2 000
 
20 000
 
20 000
 
22 000
 

 

 

 

 

 
130 000
 

 
Voorbeeld B:

Dieselfde lening terugbetaal oor tien jaar sal soos volg lyk:

Jaar
 
Rand 

Rente
 
Rand 

Bedrag uitstaande
 
Rand

Kapitaal gedelg
 
Rand

Totale paaiemente
 

 
1
 
10 000
 
100 000
 
10 000
 
20 000
 

 
2
 
9 000
 
90 000
 
10 000
 
19 000
 

 
3
 
8 000
 
80 000
 
10 000
 
18 000
 

 
4
 
7 000
 
70 000
 
10 000
 
17 000
 

 
5
 
6 000
 
60 000
 
10 000
 
16 000
 

 
6
 
5 000
 
50 000
 
10 000
 
15 000
 

 
7
 
4 000
 
40 000
 
10 000
 
14 000
 

 
8
 
3 000
 
30 000
 
10 000
 
13 000
 

 
9
 
2 000
 
20 000
 
10 000
 
12 000
 

 
 10
 
1 000
 
10 000
 
10 000
 
11 000
 

 
 
 
 
 
 
 
 
 
155000
 

 


Die vyf jaar lening van R100 000 kos R130 000 en die tien jaar lening van R100 000 kos R155 000. Dit kos dus R24 000 meer om dieselfde R100 000 te leen vir ‘n ekstra vyf jaar.





Sleutel aspekte wat die instansie benodig

Sommige sleutel aspekte wat enige bank of finansiële instansie benodig voordat hulle dit sal oorweeg om geld te leen is:

‘n Besigheidsplan

Besigheidsplanne word gewoonlik spesifiek gerig daarop om fondse in te samel vir besigheid. Jou plan sal ‘n lys van doelwitte, prioriteite en finansiële state insluit om aan te dui of jy die winsgewendheid van jou besigheid in ag geneem het en hoe dit bevoordeel sal word deur die lening in die toekoms. Die plan moet duidelik aandui hoe jy die besigheid gaan struktureer en bedryf en dit moet op so ‘n wyse gedoen word wat vertroue by jou potensiële finansierders inboesem.

Kontantvloei

Kontantvloei dui die vloei van inkomste in jou rekening aan, sowel as die uitgawes wat betaal word uit jou rekening. Dit stel die potensiële finansierder in staat om te sien gedurende watter maande jou inkomste inkom en hoe die terugbetaling van jou lening ‘n impak sal hê op daardie inkomste. Dit is ook baie belangrik dat jy al die inligting van al jou rekeninge sal voorsien – selfs al is hulle by verskillende instansies. Dit is ‘n vorm van bedrog om aansoek te doen vir finansiering en nie jou hele finansiële status te openbaar nie. 

Voldoen aan die Nasionale Kredietwet 34 van 2005

Banke word nie toegelaat om geld te leen aan mense wat dalk nie in staat is om die lening terug te betaal nie. Dit beskerm die bank sowel as die kliënt. Indien jy misluk om ‘n lening terug te betaal, reflekteer dit op jou kredietgeskiedenis en kan jy selfs op die swart lys geplaas word as ‘n krediet risiko. Niemand wil dit op hulle rekord hê nie, veral as jy weet dat jy in die toekoms weer sal moet geld leen! Hierdie beskermingsmaatreëls is presies wat die banke in Suid-Afrika gedurende die 2009 ekonomiese resessie beskerm het. Baie lande wêreldwyd het biljoene verloor omdat mense in ‘n posisie was waar hulle nie hulle lenings kon terugbetaal nie as gevolg van die feit dat hulle hulle leningsrekening te ver gerek het. Die Nasionale Kredietwet is daar om te voorkom dat mense geld spandeer wat hulle nie het nie. Dit is daar om banke te help om die massiewe kredietskuld in die land te bestuur en om roekelose uitleen deur banke te help stop.



Bruikbare wenke

Dit is belangrik dat alle produsente en plaasbestuurders professionele persone aanstel wat hulle kan adviseer oor gespesialiseerde sake rakende die finansiering van hulle boerdery en wat die ingewikkelde boerderyfinansiering verstaan. Produsente kan nie verwag om ingelig te wees oor al die gedetailleerde, tegniese sake wat nodig is in die finansiële beplanning van boerdery nie.



Dit is belangrik dat produsente, soos alle besigheidsmense wat van lenings gebruik maak, bewys moet kan lewer dat hulle betroubaar is oor die lang termyn. As daar ‘n probleem met die terugbetaling is, moet dit betyds met die finansierder bespreek word sodat die nodige reëlings getref kan word.



Enige belegging met geleende geld beteken dat die produsent ‘n onmiddellike uitleg doen met die hoop op ‘n opbrengs in die toekoms. Die produsent moet homself afvra hoe seker hy is dat die belegging suksesvol sal wees om positiewe opbrengste te lewer. Met spesifieke verwysing na die aanplant van mielies in die nuwe seisoen wat voorlê, is dit noodsaaklik om al jou berekeninge deeglik te doen om te sien of dit winsgewend is om mielies te plant teen die huidige markpryse en kostestruktuur. Daar is geen sin daarin om by te dra tot die probleem van ‘n ooraanbod soos huidiglik nie, omdat dit beteken dat ons ‘n verdere prysverlaging kan verwag – veral as ons ‘n goeie 2010 - 2011 oes het. Dit maak dus besigheidsin om nie geld te leen vir so ‘n riskante situasie nie.



Opsommend

Finansiële sake is ingewikkeld en nie altyd een van die mees aangename aspekte van besigheid nie. Baie produsente sal verkies om liewer buite aan ‘n trekker te werk as om by sy lessenaar te sit met ‘n sakrekenaar. Dit is egter waar dat daar geen trekker meer sal wees of geen plaas om op te boer as finansiële bestuur verwaarloos sou word nie! Produsente moet te alle tye ‘n duidelike oorsig van hulle finansiële posisie hê en moet nie skroom om kundiges aan te stel wanneer nodig nie.

